Magda Opperman

Ek het mooi name : Magdalena Wilhelmina Opperman (Oosthuizen) ek word net Magda genoem. My suster se kinders noem my Makelien. Selde sal iemand my Magdalena noem, waarvan ek nogal hou, want dit is vir my `n mooi naam. Ek is in Bloubul land gebore (Pretoria) waar ek 21 jaar gewoon en skool gegaan het.   Was in laerskool Danie Malan in Pretoria-Noord en in die Hoer Handelskool te Parkstraat. Op hoerskool was ek koshuis- en skool prefek. Ek het van skooldae af gehardloop.   Het ook hokkie gespeel en het Provinsiale klere verwerf in gimnastiek.