Jandri Snyders

Jandri is in George gebore 13 jaar gelede op 2 Maart 2004 in die Lamprecht Kliniek sy is deel van ‘n tweeling en het nog ‘n sussie. Sy is tweede gebore van hulle twee “ook net 2 min” sal sy vir almal vertel. Sy woon al haar lewe lank in Mosselbaai en het al van jonks af gewys sy is besig en kan nie stil sit nie. Sy het al in haar stootkarritjie aan pretdraf wedlope van Hartenbos Drawwers deelgeneem. Haar eerste Ernst Louw wat sy self gehardloop het was in 2010.