Kollig

Nerida Lubbe onder die Kollig

Ek is vroeg in 1976 op 31 Januarie in die Noord-Kaap se Karoo dorp….Prieska gebore. Die tweede van drie kinders. My ouers het my Nerida Smit gedoop. My Laerskool loopbaan het in Copperton begin en my laaste eksamens geskryf by Wessel Maree. Na skool het ek in Bloemfontein gaan studeer in die rigting Interne Ouditkunde en ook ‘n Onderwys Diploma voltooi. Dit is hier waar ek vir Coenie ontmoet het en my van later na Lubbe verander het.
Ons het saam die London Working Holiday aangedurf en sommer paar jaar langer daar vertoef. Talle werke gedoen, van Koffiewinkel tot Onderwys en Coenie “carpentry”. Ons het saam met paar Suid Afrikaners in ‘n huis gebly en een verspotte…..lawwe aand besluit om in te skryf vir die London Marathon. Dit werk op ‘n “Lucky draw” (ballet) stelsel. Met die hoop dat ons nie “lucky” gaan wees nie.
Paar weke later kry ons die nuus dat sommige van ons inskrywings suksesvol was. Ek was deel van die gelukkige wenners. Op 1 Januarie 2001 het ons begin oefen…..winter in die UK. Nie grappies nie. En die verste wat ek nog op daardie stadium gehardloop het, was 10km. Dankbaar om te sê ek het ‘n London Marathon medalje. Terug in Suid-Afrika 2004 het die pad ons na Mosselbaai gelei, en is ons twee kinders Henco en Dane gebore. Ek het die voorreg gehad om ‘n tuisteskepper te wees tot 2015. Daarna het ek die geleentheid gekry om ‘n besigheid saam met ‘n vriendin te koop en met kinders van 2-8 jaar Monkeynastix te doen.
Gelukkig het ek ‘n kosbare vriendin in Mosselbaai ontmoet wat my weer (na 10 jaar van niks doen, na die London Marathon) aan gemoedig het om te hardloop. Ons het elke Dinsdag by Bikini beach verby gegaan. Des het ons nader geroep en sonder twyfel het ons by Hartenbos Drawwers aangesluit. Hier het my liefde vir draf begin en gegroei tot waar ek vandag trots deel kan wees van Kleintjie (my ikoon) se oefen groep. Ek bewonder haar omdat sy so nederig bly ten spyte van haar groot prestasie: Dame wat die meeste Comrades marathone (33) voltooi het.
Die Twee Oseane marathon en ook die Kaapstad Marathon is van my gunstelinge. I love Cape town!! Die Velskoen (32km) en Moordkuil (15km) op eie bodem was ook lekker uitdagings en ek hoop dit kan weer aangebied word.
Once you become fearless…..life becomes limitless. Running is like coffee……I’m much nicer after I’ve had one.
Beste tye vir 2017
10Km – 45:29
21Km – 1:54:22
42Km – 3:27:57

Leave a Reply