Kollig

Gerhard en Hettie Fourie onder die Kollig

GERHARD FOURIE ONS YSTERMAN VAN DIE JAAR

Ek is in Oudtshoorn gebore en gedoop as Gerhardus Fourie. Almal ken my as Gerhard. Doen programering by Nedbank en is in gelukkig posisie om weg van kantoor te werk. Is 55 jaar oud, 34 jaar getroud met Hettie. Het Hettie ontmoet toe sy saam met my suster studeer het by Normaal Kollege. Twee Laerskole (Koës en Buhrmansdrift) en twee hoërskole (Lichtenburg en Verwoerdburg )

Laaste boek gelees was “Koors” van Deon Meyer en my TV ingeruil vir Shomax en kyk daar so af en toe fliek op tablet. Was al vinnig op TV gewees gedurende die Walk the Talk Marathon jare terug. Ongelukkig is my swakpunt een lyn email antwoorde. Is tans baie gelukkig met my lewe en besef ek is op n stadium waar ek moet begin dink en beplan vir werk verandering want oor paar jaar moet ek skuif nuwe beroep as pensionaris. Die voordeel is dan is daar meer tyd om rond te ry. In geval van brand gryp ek rekenaar, hardeskyf en foto albums, die res kan vervang word.

Geniet dit om wedlope te doen en sal graag meer wil rondry vir interessante wedlope. Wedlope is nie oor die nommers maar oor die stories/gebeure rondom wedlope. Twee persone wat ek wedloop gewys baie bewonder is Brian Collings en Ric Marini. Brian het my bloot gestel aan die begrip van baie wedlope en meer as een wedloop per dag. Ric wat wedloop hardloop as stokperdjie bedryf. 200+ wedlope (meer as 5000 km’s) per jaar op 62 jaar beteken dis stokperdjie wat jy geniet. Ek is bly ek was jare terug bloot gestel aan die 1000 km challenge en dat ek nou die geleentheid het om dit te reël. Ek het begin stap na knie besering (sokker). Moes kies tussen fietsry en stap. Fietsry is te gevaarlik want ek kan nie beheer wat die persoon voor my gaan doen. Wedlope begin doen in omtrent 1992. Behoorlike rekords begin hou en meer ernstig vanaf 1997. Eerste marathon in 1995, nou 44 Marathon’s later.

Doen 1000 km challenge nou 18 jaar. Oor die 27 000 km’s met hoogste jaar van 4400 km’s. Gunsteling wedloop is moeilik. Sommige doen jy vir uitsig, sekere vir gees. Sekere vir uitdaging soos Kosmos 3 in 1. Twee wat gunsteling is op die oomblik, is waarskynlik Orak 12 uur en Knysna bos half marathon. Knysna se hoeveelheid kere wat dit gebeur het is dieselfde as jare wat ons getroud is so jare terug het ek Hettie gevat om vir ons 21 ste huweliks herdenking die 21 ste Knysna te doen. Die laaste 5 jaar doen ons die huweliksherdenking by Orak se 12 ure – kwaliteit tyd saam.

Eerste paar jaar het ek vir Run for Life klub (pers hemde) gehardloop. Hulle bestaan nie meer en is later vervang deur Run walk for Life klub. Daarna vir baie jare by Fit 2000 en laaste paar jaar by Hartenbos Drawwers. Het Provinsiale klere op skool en daarna al verower. Bietjie oor die 1300 wedlope gedoen en hoop om nog heelwat meer vorentoe te doen.

Beste tye: 10Km – 1:02:20, 21.1Km – 2:15:24, 32Km – 3:38:30, 42.2Km – 4:43:40, 50Km – 6:04:44, Twee Oseane – 6:55:14, Comrades -11:54:14 en wedloop in 6 dae – 407 kilometers.

HETTIE FOURIE ONS YSTERVROU VAN DIE JAAR

Ek is in Bultfontein gebore en gedoop as Hester Maria Botes. Almal noem my Hettie. Ek is jare lank al n huisvrou en geniet my vryheid baie. Vroeër het ek by Elna naaimasjiene en later by n klein kleuterskooltjie gewerk. Ek is gelukkig getroud met Gerhard vir die laaste 34 jaar. Ons het twee dogters nl. Engela wat in Kempton Park woon en Hannetjie woon in Centurion. Ek is ook die trotse ouma van twee kleinkinders, Evan wat Engela se seun is en Miranda wat Hannetjie se dogter is.

My skool loopbaan het ek op Hennenman in die Vrystaat begin. Daarna is ek Voortrekker Laerskool toe in Pietermaritzburg. My laerskool loopbaan sluit ek af in Vierfontein .Ek was in die Landbouskool op Kroonstad gewees. Op die oomblik is daar nie veel wat ek anders sou wou gehad het nie. Dis vir my heerlik dat Gerhard van die huis af werk. Ek geniet dit om naaldwerk te doen en maak baie van my klere self. Is vir my ook heerlik om vir die kleinkinders iets te maak. As stokperdjie doen ek borduurwerk. Ek hekel ook graag om die kilometers in die kar korter te maak. Ek en Gerhard ry baie rond. Ons geniet die buitelewe en besoek graag ons parke en ander interessante plekke.

Ek het begin stap omdat die kinders uit die huis is en ek nie meer by die einde vir Gerhard wou wag nie. Dit het dan ook as kuiertyd, kop skoonmaaktyd en beplanningstyd geword. Enige persoon wat op die ouderdom van 80 jaar en ouer is, is vir my n inspirasie en my wens is dat ek ook op daai ouderdom nog gesond genoeg moet wees om wedlope te doen. Gunsteling wedlope is Orak , Knysna Bos en Wild Run. Doen 1000 km challenge nou al vir 13 jaar. Oor die 16 000 km’s met hoogste jaar van 4000 km’s

Beste tye: 10Km – 1:10:55, 21.1Km – 2:31:00 en 42.2Km – 5:47:00

Leave a Reply